
Weefwerk is een van die oudste en edelste beroepe. In die natuur sien ons byvoorbeeld dat voëls (wewers-voëls / vinke) weefwerk doen. In die vroegste tye is materiale soos wilgerlatte, biesies, bas, gras, suikerriet, bamboes en palmtakke gebruik vir weefwerk. Later is materiaal soos diervelle, wol en hare gebruik. Vandag vind ons steeds fabrieke waar pragtige handwerkartikels geweef word. Dit bied ‘n inkomste vir baie mense.
Vinger Weef is ‘n vorm van brei waar ‘n gebreide koord gemaak word met slegs hande en vingers, in plaas van breinaalde of ander tradisionele gereedskap. Dikker wol werk gewoonlik die beste. Die eindresultaat is soortgelyk aan Tolletjiebrei.