Voortrekkers gaan groot!




Wees veilig in die komende dae
Dit is egter verseker nou nie die tyd om negatief en angstig te wees nie. Dit is om die rede dat ons begin het met ons #DraaiPositief, #OnsGlo veldtog. In die komende dae sal daar elke tweede dag steeds ʼn positiewe boodskap geplaas word op die gebied se Facebook-groep en ook op ons WhatsApp groepe. Elke alternatiewe dag sal ʼn aktiwiteit geplaas word waarmee ons kan help om die jeuglede besig te hou en dalk sommer die volwassenes ook. Onthou ook van ons #DraaiPositief plakkaat kompetisie wat op Facebook plaasvind. Positiewe nuus is wat ons gees nou nodig het. Ons het verseker die wete dat ons ʼn Almagtige God dien en kan verenig in gebed.
Wees veilig in die komende dae en gee gehoor aan die bepalings van die regering. Die Gebiedsdagbestuur dra u elkeen op in ons gebede.
ONTHOU – #DraaiPositief, #OnsGlo
“Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie – nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil. Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. ” ~ Habakuk 3: 17-19