Die Voortrekkermonument

Pretoria
Die monument in die noordelike deel van Suid-Afrika, is in die Pretoria (Tshwane)-streek, in ‘n natuurreservaat geleë. Dit is ontwerp deur die argitek Gerard Moerdijk en is in 1949 ingewy. Die Monument is vandag die mees besoekte erfenisterrein van sy soort in Gauteng en een van die top tien kultuurhistoriese besienswaardighede in die land. Die Monument bestuur ook die Bloedrivier Erfenisterrein in Kwazulu-Natal.

Bloedriviermonument – Die Graniet Kakebeenwa

Bloedrivier Erfenisterrein in Kwazulu-Natal
Die monument is deur Coert Stynberg ontwerp en is in 1939 voltooi, maar as gevolg van die Tweede Wêreldoorlog (1939-1945) is dit eers in 1947 onthul. Aanvanklik is die wa bo-oor die klipstapel in die middel van die wa-laer opgerig met ‘n venster binne-in die wa waardeur die verligte klipstapel waargeneem kon word. In 1971 is die wa na sy huidige posisie verskuif toe die wa-laer opgerig is. Die wa word simbolies as woning, vesting en kerk vir die Voortrekkers gesien.

Laai die template en instruksies af