Kom “ry saam” op die digitale Safari in die Nasionale Krugerwildtuin, die grootste wildreservaat in ons land.

Deel jou ondervinding met ons deur ‘n tekening of beskrywing! Ja, onsself is baie nuuskurig en opgewonde.

Oggendrit om 5:30 – 8:30 en middagrit om 15:30-18:30 (Wild Earth).

Dit is baie interessant en jou vrae word deur die veldwagters beantwoord. Daar is reeds ‘n Hiëna ontdek met 3 tot 4 dae oue kleintjies wat hulle op elke rit sien. Maak gereed vir hierdie belewenis, dit is ons eerste.

Beleef jou eerste Digitale Safari